
Djokovic skraap deur na Aussie Ope halfeindronde
Loading player...
Tennis: Die tienmalige kampioen, Novak Djokovic, het na die halfeindronde van die Australiese Ope deurgeskraap toe Lorenzo Musetti weens 'n besering aan hulle kwarteindstryd moes onttrek. Die Italianer het 'n bobaan-besering opgedoen terwyl hy 6-4, 6-3, 1-3 voorgeloop het. Djokovic, wat mik na sy 25ste Grand Slam-enkelspeltitel, speel volgende teen die verdedigende kampioen, Jannik Sinner, wat die Amerikaner Ben Shelton in skoon stelle geklop het. Djokovic sê hy voel jammer vir Musetti:

