
Minstens 30 mense, waaronder 3 boeties, sterf in VSA winterstorm
Loading player...
Minstens 30 mense het gesterf in die massiewe winterstorm wat steeds oor die grootste deel van Amerika woed. Drie jong broers is dood in Bonham, Noord-Texas, nadat hulle Maandag deur ys op 'n privaat dam geval het. Cheyenne Hangaman, die seuns se ma, sê sy het probeer om hulle te red deur hulle uit die water te lig en op die ys te plaas, maar dit het aanhou breek. Sy het aan CBS News gesê daar was drie van hulle en net sy, en sy kon hulle nie red nie. Terwyl sy probeer het om hulle te red, het sy self begin sukkel en is deur 'n buurman gered. Luister na Hangaman:

