
Air Connect vergader, nuwe vlugte onder die loep
Loading player...
Tydens die Air Connect Namibia jaarlikse ontbyt het verskeie leiers in die lugvaartbedryf bymekaar gekom om Namibië verder te bemark. Air Connect is 'n inisiatief om internasionale, streeks- en binnelandse lugverbindings te verbeter. Die uitvoerende hoof van die Namibië Lughawensmaatskappy, Bisey Uirab, het oor nuwe vlugte en planne vir die toekoms gepraat.

