
RISE verwelkom BKS-maatreëls
Loading player...
RISE Mzansi het die LUR vir Landbou in Gauteng, Vuyiswa Ramokgopa, en die regering van provinsiale eenheid geprys vir sy deursigtige optrede rondom die bek-en-klouseer-uitbreking. Die party-woordvoerder, Mabine Seabe, sê die maatreëls sal help om boere, plaaswerkers en die provinsie se hoëwaarde-landbousektor te beskerm. Seabe doen 'n beroep op 'n samehangende nasionale strategie, insluitend entstofvervaardiging, bewegingsbeheer en 'n verenigde dieregesondheidsraamwerk om voedselsekerheid te beskerm:

