
Amupanda vaar uit teen Rundu oor behuising
Loading player...
AR-leier Job Amupanda het die Rundu-dorpsraad oor die kole gehaal en statistieke oor behuisingsvoorsiening geëis in plaas van vae praatjies, terwyl hy bewerings van beperkte maar groeiende dienslewering en behuisingsvraag bevraagteken het. Tydens 'n konsultatiewe vergadering wat deur die Parlementêre Staande Komitee oor Stedelike en Landelike Ontwikkeling gehou is, het Amupanda aangevoer dat die erns van die behuisingskrisis die hoogste vlak van administratiewe aanspreeklikheid vereis.

