
MUN las vir eers Nored-staking af
Loading player...
Die Mynwerkersunie van Namibië moet sy Nored-staking afstel na die kragverspreider 'n aansoek aan die hof gebring het om dit te verbied. Volgens berigte sou dit 89 persent van sy werknemers geraak het en Nored sê hulle is noodsaaklik om die ligte aan te hou. Kosmos 94.1 nuus het met George Ampweya, die sekretaris generaal van die vakbond gesels. Hy sê die hofsaak is uitgestel na 18 Februarie.

