Knysna-water: Krisis nog nie verby nie, maar dinge verbeter

Loading player...
Die DA verwelkom ingryping deur die Wes-Kaapse regering om die voortgesette waterkrisis in Knysna te help bestuur. Die party sê herstelwerk aan waterinfrastruktuur en beter waterbestuur het die situasie verbeter, met damvlakke wat tot net meer as 20-persent gestyg het. Dit het Knysna se watervoorraad tot ongeveer 17 dae verbeter. Ryan Smith van die DA waarsku egter dat die krisis nog nie verby is nie en dring daarop aan dat inwoners waterbeperkings eerbiedig en water versigtig gebruik:
29 Jan 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Cosatu braak gal oor water in Gauteng

Cosatu in Gauteng het ernstige kommer uitgespreek oor die voortdurende wateronderbrekings in verskillende munisipaliteite regoor die provinsie, waar sommige inwoners byna drie weke sonder lopende water is. Cosatu-voorsitter Amos Monyela sê die voortdurende versuim om water te voorsien, beïnvloed die daaglikse lewe in die gemeenskap ernstig. Dit hou ook ernstige…
7 Feb 3AM 1 min

Namibië in Amerika se goeie boekies

Namibië se minerale rykdom, veral skaars aardmetale en olie, beteken die land is Amerika se oogappel in die streek. Uit al die lande in Afrika benede die Sahara, is Namibië die enigste een wat ‘n Amerikaanse ambassadeur huisves. Ambassadeur John Giordana het aan BBC Africa verduidelik wat Namibië so spesiaal…
7 Feb 2AM 1 min

SA wag vir 700 000 bek-en-klou-entstofdosisse uit Botswana

Die premier van KwaZulu-Natal, Thamsanqa Ntuli, sê die regering en die departement van landbou is daartoe verbind om bek-en-klouseer-gevalle regoor die land onder beheer te bring. Ntuli het Vrydag ’n mediakonferensie gehou oor maatreëls wat deur die provinsiale regering ingestel is om die verspreiding van bek-en-klouseer in die provinsie te…
7 Feb 1AM 1 min

Tabak dompel werkers in onsekerheid, sê vakbond

Die vakbond Solidariteit sê 233 werkers se toekoms is onseker nadat British American Tobacco nie duidelike antwoorde aan Suid-Afrika verskaf het oor moontlike afleggings nie. Dit volg na die beplande sluiting van die maatskappy se Heidelberg-vervaardigingsaanleg in Gauteng. Die vakbond sê werkers is vasgevang tussen die regering se mislukking om…
7 Feb 12AM 1 min

Copps 94.1: Rowwe aand van fuif en moles in Windhoek

Bose geeste, huismoles, ‘n gefuif en ‘n kattegeveg het die Copps 94.1-span, in samewerking met die polisie, Vrydagaand in Windhoek laat bontstaan. Francois Lottering van Kosmos 94.2 was op sy pos en doen verslag van die toneel:
6 Feb 11PM 1 min