VK-China verhouding op goeie plek: Starmer

Loading player...
Die Britse eerste minister, Keir Starmer, het sy ontmoeting met die Chinese president, Xi Jinping, as opbouend beskryf en gesê dit sal die verhouding versterk. Hy is op 'n driedaagse werksbesoek aan Beijing, die eerste besoek van hierdie aard in agt jaar. Starmer sê hy en Xi het geleenthede geïdentifiseer om saam te werk, en sê Brittanje se verhouding met China is op 'n sterk, goeie plek:
29 Jan 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namibië in Amerika se goeie boekies

Namibië se minerale rykdom, veral skaars aardmetale en olie, beteken die land is Amerika se oogappel in die streek. Uit al die lande in Afrika benede die Sahara, is Namibië die enigste een wat ‘n Amerikaanse ambassadeur huisves. Ambassadeur John Giordana het aan BBC Africa verduidelik wat Namibië so spesiaal…
7 Feb 2AM 1 min

SA wag vir 700 000 bek-en-klou-entstofdosisse uit Botswana

Die premier van KwaZulu-Natal, Thamsanqa Ntuli, sê die regering en die departement van landbou is daartoe verbind om bek-en-klouseer-gevalle regoor die land onder beheer te bring. Ntuli het Vrydag ’n mediakonferensie gehou oor maatreëls wat deur die provinsiale regering ingestel is om die verspreiding van bek-en-klouseer in die provinsie te…
7 Feb 1AM 1 min

Tabak dompel werkers in onsekerheid, sê vakbond

Die vakbond Solidariteit sê 233 werkers se toekoms is onseker nadat British American Tobacco nie duidelike antwoorde aan Suid-Afrika verskaf het oor moontlike afleggings nie. Dit volg na die beplande sluiting van die maatskappy se Heidelberg-vervaardigingsaanleg in Gauteng. Die vakbond sê werkers is vasgevang tussen die regering se mislukking om…
7 Feb 12AM 1 min

Copps 94.1: Rowwe aand van fuif en moles in Windhoek

Bose geeste, huismoles, ‘n gefuif en ‘n kattegeveg het die Copps 94.1-span, in samewerking met die polisie, Vrydagaand in Windhoek laat bontstaan. Francois Lottering van Kosmos 94.2 was op sy pos en doen verslag van die toneel:
6 Feb 11PM 1 min