
Nuwe eenheid gaan Madlanga-kommissie se bewerings ondersoek
Loading player...
President Cyril Ramaphosa het die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, en die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, opdrag gegee om 'n nuwe spesiale ondersoektaakspan te stig om die Madlanga-kommissie se bewerings te ondersoek. Die woordvoerder in die Presidensie, Vincent Magwenya, sê Ramaphosa het die tussentydse verslag bestudeer en verwelkom verwysings van sake vir onmiddellike strafregtelike ondersoek en dringende besluite rakende vervolging:

