
Vorster loop voor by SDC Ope
Loading player...
Die Suid-Afrikaner Martin Vorster loop voor by die SDC Ope ná ʼn openingsronde van sewe onder baansyfer 65 by die Zebula Gholflandgoed en Spa in Limpopo. Hy het die dag afgesluit op een hou voor sy landgenote, Jaco Prinsloo en MJ Viljoen. Op hul hakke is Callum Farr van Engeland, Jaco Ahlers en Luke Brown van Suid-Afrika en die Fransman Julien Sale op vyf onder baansyfer. Vorster sê hy is tot dusver tevrede met sy spel:

