Cosatu sê repokoers moes met 50 basispunte gedaal het

Loading player...
Die vakverbond Cosatu het sy teleurstelling uitgespreek met die Suid-Afrikaanse Reserwebank se besluit om die terugkoopkoers onveranderd te laat. Die sentrale bank se Monetêre Beleidskomitee het die terugkoopkoers op 6,75-persent gelaat terwyl die prima uitleenkoers 10,25-persent bly. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê die uitleenkoers moet met minstens 50 basispunte daal om miljoene werkers wat met stygende lewenskoste sukkel, ʼn blaaskans te gee:
30 Jan 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA wag vir 700 000 bek-en-klou-entstofdosisse uit Botswana

Die premier van KwaZulu-Natal, Thamsanqa Ntuli, sê die regering en die departement van landbou is daartoe verbind om bek-en-klouseer-gevalle regoor die land onder beheer te bring. Ntuli het Vrydag ’n mediakonferensie gehou oor maatreëls wat deur die provinsiale regering ingestel is om die verspreiding van bek-en-klouseer in die provinsie te…
7 Feb 1AM 1 min

Tabak dompel werkers in onsekerheid, sê vakbond

Die vakbond Solidariteit sê 233 werkers se toekoms is onseker nadat British American Tobacco nie duidelike antwoorde aan Suid-Afrika verskaf het oor moontlike afleggings nie. Dit volg na die beplande sluiting van die maatskappy se Heidelberg-vervaardigingsaanleg in Gauteng. Die vakbond sê werkers is vasgevang tussen die regering se mislukking om…
7 Feb 12AM 1 min

Copps 94.1: Rowwe aand van fuif en moles in Windhoek

Bose geeste, huismoles, ‘n gefuif en ‘n kattegeveg het die Copps 94.1-span, in samewerking met die polisie, Vrydagaand in Windhoek laat bontstaan. Francois Lottering van Kosmos 94.2 was op sy pos en doen verslag van die toneel:
6 Feb 11PM 1 min

Namib Mills-staking duur voort, einde dalk in sig

Die industriële aksie deur werkers by Namib Mills duur steeds voort. Die justisieminister, Fillemon Wise Immanuel, was instussen in gesprek met die partye. Petersen Kambinda, die leier van Naretu, gee 'n opdatering.
6 Feb 10AM 1 min