ANC verbind hom tot die bekamping van misdaad en ander euwels

Loading player...
Die ANC het homself weereens verbind tot die bekamping van misdaad, korrupsie, onwettige mynbou en geslagsgeweld. Die party beskryf hierdie kwessies as groot bedreigings vir openbare veiligheid en maatskaplike bestendigheid. Die party het ook belowe om strenger op te tree teen onwettige mynboubedrywighede wat gemeenskappe en infrastruktuur benadeel. Tydens 'n media-inligtingsessie het die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, gesê die beskerming van vroue en kinders en die herstel van openbare vertroue in die regstelsel bly sleutelprioriteite:
30 Jan 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA wag vir 700 000 bek-en-klou-entstofdosisse uit Botswana

Die premier van KwaZulu-Natal, Thamsanqa Ntuli, sê die regering en die departement van landbou is daartoe verbind om bek-en-klouseer-gevalle regoor die land onder beheer te bring. Ntuli het Vrydag ’n mediakonferensie gehou oor maatreëls wat deur die provinsiale regering ingestel is om die verspreiding van bek-en-klouseer in die provinsie te…
7 Feb 1AM 1 min

Tabak dompel werkers in onsekerheid, sê vakbond

Die vakbond Solidariteit sê 233 werkers se toekoms is onseker nadat British American Tobacco nie duidelike antwoorde aan Suid-Afrika verskaf het oor moontlike afleggings nie. Dit volg na die beplande sluiting van die maatskappy se Heidelberg-vervaardigingsaanleg in Gauteng. Die vakbond sê werkers is vasgevang tussen die regering se mislukking om…
7 Feb 12AM 1 min

Copps 94.1: Rowwe aand van fuif en moles in Windhoek

Bose geeste, huismoles, ‘n gefuif en ‘n kattegeveg het die Copps 94.1-span, in samewerking met die polisie, Vrydagaand in Windhoek laat bontstaan. Francois Lottering van Kosmos 94.2 was op sy pos en doen verslag van die toneel:
6 Feb 11PM 1 min

Namib Mills-staking duur voort, einde dalk in sig

Die industriële aksie deur werkers by Namib Mills duur steeds voort. Die justisieminister, Fillemon Wise Immanuel, was instussen in gesprek met die partye. Petersen Kambinda, die leier van Naretu, gee 'n opdatering.
6 Feb 10AM 1 min