N/a’an ku sê bou huise in Epikuro

Loading player...
Die N/a’an ku sê-stigting gaan 'n omvattende gemeenskapsbehuisingsprojek van 40 huise ontwikkel in Epukiro in die Omaheke-streek. Die ontwikkeling is ontwerp om te verseker dat inwoners met waardigheid leef en toegang het tot moderne sanitasiegeriewe, 'n gemeenskapstuin om vars en lewensbelangrike voeding te ondersteun, 'n herwinningsaanleg en 'n veilige, ondersteunende omgewing waarin beide kinders en volwassenes kan floreer. Een-en-twintig eenhede word vir die eerste fase beplan. Kosmos 94.1 Nuus het met die mede-stigter van N/a’an ku sê, Marlice van Vuuren gepraat.
30 Jan 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Insette vir SA se geskiedeniskurrikulum met 30 dae verleng

Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het die tydperk om kommentaar te lewer oor die konsep-geskiedenisleerplan en assessering-beleidsverklarings vir graad 4 tot 12 weens openbare belangstelling met 30 dae verleng. Die veranderinge aan die leerplan het met die werk van die ministeriële taakspan vir Geskiedenis begin wat aanvanklik in…
20 Apr 6AM 1 min

Mandelson se bande met China het hom sekuriteitsrisiko gemaak

In Brittanje sal premier Keir Starmer vanmiddag aan die parlement moet verduidelik hoe hy nie geweet het dat sy verkose ambassadeur na die VSA, Peter Mandelson, in sy sekuriteitstoetse en -keuring misluk het. Maar, om die herrie opsy te sit, wil dit voorkom dat sy noue bande met China en…
20 Apr 6AM 1 min

Bank Windhoek stel WhatsApp-bankdienste bekend

Bank Windhoek het die eerste bank in Namibië geword wat bankdienste deur WhatsApp bekendstel. Die innovasie, wat vanoggend bekendgestel is, stel kliënte in staat om saldo's na te gaan, elektrisiteit en lugtyd te koop, mini-bankstate na te gaan, fondse oor te dra en ondersteuning te kry. James Chapman, besturende direkteur…
20 Apr 6AM 1 min

Giordano se aanmerkings is pure imperialisme

Amerika se ambassadeur in Namibië, John Giordano, se uitlatings dat die VSA meer uraaninvoere uit die land oorweeg en selfs daaraan dink om groter produksie te ondersteun deur beleggings in mynbou en staatsfinansiering, lok kommentaar van politieke kenners uit. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by dr. Henning Melber, ‘n Namibies-Duitse…
20 Apr 6AM 1 min