
Duisende vredesbeamptes in SA aangestel
Loading player...
Die Gauteng Provinsiale Wetgewer se portefeuljekomitee oor gemeenskapsveiligheid het die minister van justisie, Mmamoloko Kubayi, se besluit verwelkom om 9 000 misdaadvoorkomingsbewaarders as vredesbeamptes aan te stel na aanleiding van die Openbare Beskermer se verslag. Die stap wettig hul magte en rol in wetstoepassing en klaar onsekerhede uit. Die voorsitter, Bandile Masuku, sê dit sal misdaadvoorkoming versterk, openbare veiligheid bevorder, gekoördineerde wetstoepassing regoor die provinsie ondersteun, en die res van die sekerheidsinfrastruktuur aanvul:

