
Dalk het jy onopgeëiste aftree- en pensioengeld
Loading player...
Duisende Namibiërs sit dalk met onopgeëiste aftree- en pensioengeld en hulle weet dit dalk nie eens nie. Fondse wat behoort aan voormalige werknemers wat van werk verander het, verhuis het of rekords verloor het, word nou deur IT Solutions opgespoor. Verbruikerskenner Milton Louw doen 'n beroep op enigiemand wat dink hulle, of iemand wat hulle ken, kan geraak word om na vore te kom en die eisproses te begin.

