
KZN-polisie verdedig klopjag op Valke-hoof se staatseiendom
Loading player...
KwaZulu-Natalse polisie het die beslaglegging op die provinsiale Valke-hoof, Lesetja Senona, se staatseiendom verdedig en sê daar bestaan kommer oor sekuriteit. Hy beweer hy is Saterdag uit sy kantoor in Durban geskop en daar is op sy toerusting beslag gelê. Senona is een van vyf polisiebeamptes wat verlede week in die Madlanga-kommissie se voorlopige verslag genoem is. ʼn Polisiewoordvoerder, Robert Netshiunda, sê Senona se optrede ná Saterdag se klopjag wek kommer oor sekuriteit:

