
Belangrikheid van land se vleilande beklemtoon
Loading player...
Vandag is Wêreldvleilanddag en die belangrikheid van Namibië se vleilande word beklemtoon vir hul voordele in die verskaffing van noodsaaklike dienste soos watersuiwering, vloedbeheer, koolstofsekwestrasie en habitat vir trekvoëls. Kenneth Uiseb, die adjunkdirekteur van Wildlewemonitering en -navorsing by die omgewingsministerie, sê die regering, in samewerking met plaaslike gemeenskappe, gaan voort om die land se vleilande te beskerm.

