
Geingob se nalatenskap in Leierskaplaboratorium herdenk
Loading player...
Monica Geingos, die voormalige presidentsvrou van Namibië het 'n Leierskaplaboratorium oor die naweek in Kigali, Rwanda bekendgestel. Die geleentheid kon nie op ‘n meer gepaste tyd gekom het nie – dit is môre die tweede herdenking van Geingob se dood. Tydens die inhuldiging van die program wat na oorlede president Hage Geingob vernoem is, het Geingos 'n beroep gedoen op Afrikalande om 'n fundamentele verskuiwing te ondergaan in hoe die vasteland sy toekomstige besluitnemers koester. Geingos is aan woord.

