
Konsultasies oor wetsontwerp teen kubermisdaad begin
Loading player...
Die inligtingsministerie is besig met streekskonsultasies oor die Kubermisdaadwetsontwerp wat daarop gemik is om 'n omvattende wetlike raamwerk te vestig om kubermisdaad, aanlyn seksuele uitbuiting en misbruik van kinders en verwante oortredings voorkom en te bestry. As deel van hierdie proses sal die ministerie insette van regeringsinstellings, burgerlike samelewingsorganisasies, die privaatsektor, gemeenskapsgebaseerde organisasies en die publiek oor die konsep-kubermisdaadwetsontwerp inwin. Die konsultasies het in Oshakati begin waar die uitvoerende beampte, Linda Aipinge-Nakale 'n oorsig gee oor wat die regering onder die wetgewing beplan.

