
SA-tronke is 150% oor kapasiteit
Loading player...
Kommissaris van die Nasionale Korrektiewe Dienste, Makgothi Thobakgale, sê in 2025 het Suid-Afrika se tronkbevolking 170 000 oorskry, wat geweldige druk op gevangenisse landwyd plaas. Thobakgale sê getalle styg weekliks, en baie tronke word bedryf teen meer as 150 persent kapasiteit. Die toename weerspieël doeltreffende wetstoepassing en vervolging, maar die kommissaris waarsku oorbevolking beïnvloed veiligheid en sekuriteit. Hy voeg by daar is geen sentrum wat 'n opeenhoping van onder 50 persent bestuur nie:

