Behuisingskrisis word deur misdadigers uitgebuit - DA

Loading player...
Die DA sê die behuisingskrisis, wat meer as tien-miljoen mense sonder bekostigbare behuising laat, word deur misdadigers uitgebuit wat grondbesettings organiseer en geboue kaap. Die party het 'n petisie begin om hierdie onwettige aktiwiteite te stop, aangesien desperate mense gedwing word om huur aan misdaadsindikate te betaal. Luyolo Mphithi van die DA sê sy voorgestelde wet teiken diegene wat voordeel trek uit die besettings, terwyl dit die haweloses beskerm en die oppergesag van die reg herstel:
3 Feb 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gesondheid doen servikale uitreiking

Die gesondheidministerie voer vandeesweek 'n siftingsveldtog vir servikale kanker in die Kavango-Oos-streek uit. Die veldtog is daarop gemik om vroue aan te moedig om sifting te ondergaan vir die vroeë opsporing en voorkoming van hierdie kanker. Waarnemende streeksgesondheidsdirekteur Sacky Nairenge beklemtoon die belangrikheid van sifting vir vroue se gesondheid.
24 Jun 2AM 1 min

Stokes en Atkinson terug in span vir Nieu-Seeland toets

Engeland se hoofafrigter, Brendon McCullum, het vier veranderinge aangebring aan die span vir die bepalende derde toets teen Nieu-Seeland wat Donderdag by Trent Bridge begin. Kaptein Ben Stokes en snelbouler Gus Atkinson is soos verwag terug in die groep nadat hulle vir een wedstryd geskors was. Draaibouler Shoaib Bashir en…
24 Jun 2AM 1 min

Senaat keur Iran Magte Resolusie goed

Die Republikeins-beheerde Amerikaanse Senaat het die Iran Magte Resolusie goedgekeur, wat militêre optrede teen Teheran verbied tensy die Kongres goedkeuring verleen. Die resolusie is met 50 teen 48 stemme aanvaar met vier Republikeine wat teen hul party gestem het om die aanvaarding te ondersteun. Die resolusie het nie president Donald…
24 Jun 1AM 1 min

Ekonoom waarsku oor afname in groei

Die onafhanklike ekonoom, John Loos, sê Suid-Afrika se huishoudelike sektor toon vroeë tekens van 'n afname, nadat die Suid-Afrikaanse Reserwebank se toonaangewende sakesiklusaanwyser sy skerpste maandelikse daling sedert vroeg in 2023 aangeteken het. Die April-lesing het met 1,78-persent gedaal, terwyl groei op 'n jaargrondslag ook van 5,8-persent in Maart tot…
24 Jun 1AM 1 min

Dis wat die gryslys aan die land gedoen het

Die land se verwydering van die Finansiële Aksie-taakmag se gryslys is steeds in die nuus. Tydens 'n perskonferensie het die goewerneur van die sentrale bank, Ebson Uanguta, verduidelik wat die gryslys-status aan die land se reputasie gedoen het.
24 Jun 1AM 1 min