
|Khomanin se pogings vir voorvaderlike grond duur voort
Loading player...
Die |Khomanin-gemeenskap verskerp hul pogings tot grondbesit na dekades van wat hulle beskryf as regeringsgebrek aan optrede teenoor hul voorvaderlike grondeise. Die gemeenskap doen 'n beroep op 'n regeringsgedrewe basislynstudie om hul spesifieke grondbehoeftes te bepaal, veral in die Khomas-streek. Gemeenskapslede het oor die naweek 'n vergadering met hul tradisionele owerheid gehou. Kosmos 94.1 Nuus het met die aktivis Shaun Gariseb gesels:

