
Stad Windhoek ontplooi spanne na hewige storms
Loading player...
Die Stad Windhoek is besig met 'n opruimingsveldtog na 'n kragtige donderstorm oor die naweek. Stadsamptenare sê noodspanne het gereageer op stormskade in Khomasdal, insluitend ontwortelde bome en 'n huis sonder 'n dak. Kosmos 94.1 Nuus het met die stadswoordvoerder Lydia Amutenya gepraat wat inwoners aanspoor om waaksaam te bly en vloedveiligheidsriglyne na te kom aangesien onstabiele weerstoestande voortduur.

