
Trump sê die justisiedepartement moet Epstein nou agterlaat
Loading player...
President Donald Trump van Amerika sê die Justisiedepartement moet aanbeweeg na ander sake ná die jongste vrystelling van die Jeffrey Epstein-lêers. Die departement het verlede week meer as drie-miljoen bladsye van lêers oor die ondersoek na die seksoortreder vrygestel. Trump was blykbaar jare lank bekend met Epstein, maar sê hy het nie van sy misdade geweet nie. Hy voeg by sy administrasie het beter dinge om te doen:

