
FMD Support Fund plaaslik gestig
Loading player...
'n Nuwe ondersteuningsfonds vir bek-en-klouseer, gesteun deur die privaatsektor en boere-unies, is gestig om die veeartsenydirektoraat te ondersteun in die beskerming van die land se bek-en-klouseer-vrye status. Die FMD Support Fund is daarop gemik om toesig te versterk, vee in te ent en uitbrekings te voorkom. Kosmos 94.1 Nuus het met projekbestuurder dr. Ingrid Henckert-Weissnar gepraat, wat sê die aanvanklike teiken is om 50 miljoen Namibiese dollar te bekom.

