
SA se skole sukkel met dwelmmisbruik
Loading player...
Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta verwelkom die minister van Vroue, die Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, se waarskuwing oor die gevare van dwelmmisbruik onder jongmense. Hy sê dis nie net ʼn maatskaplike en gesondheidskrisis nie, maar ook ʼn onderwyskrisis omdat dit veroorsaak dat leerders die skoolstelsel verlaat. Makaneta sê skole sukkel voortdurend met swak akademiese prestasie, geweld en skoolverlaters en die meeste hiervan hou verband met alkohol- en dwelmmisbruik:

