
NV kyk eerste na olie- en gasbedryf-oordrag na Presidensie
Loading player...
Die Nasionale Vergadering het vandag amptelik geopen met sessies wat môre begin. Die oordrag van die olie- en gassektor na die Presidensie is in môre se mosies. Kommer is reeds uitgespreek oor die stroomop petroleumsektor wat onder die kantoor van die president sal val. Kosmos 94.1 Nuus het met Graham Hopwood, direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing gepraat. Hy sê dit is nie verbasend dat hulle die implementering daarvan versnel nie.

