
17 leerdervervoer-voertuie in Polokwane geskut
Loading player...
Limpopo se Onderwysdepartement het 17 leerdervervoer-voertuie in Polokwane geskut omdat dit nie aan veiligheids-vereistes voldoen het nie. Woordvoerder Matome Taueatsoala sê die bakkies, sewesitplekvoertuie en minibusse het nie behoorlike permitte gehad nie en hou gevare vir leerders in. Taueatsoala het ouers en operateurs gevra om kinderveiligheid eerste te stel en sê elke leerder verdien veilige vervoer. Hy beklemtoon hul verbintenis tot die beskerming van leerders en die versekering van nakoming:

