
Giwusa sê SA-brandstofprys bevoordeel winsmakers
Loading player...
Die algemene nywerheidsvakbond, Giwusa, sê die staat se brandstofprysstelsel beskerm korporatiewe winsmakers in plaas van werkers. In die lig van petrol- en dieselpryse wat die maand daal, waarsku die vakbond dat die verligting tydelik is, deur wêreldwye spekulasie beheer word, terwyl die manier waarop brandstofpryse bepaal word, koste steeds opdryf. Mametlwe Sebei van Giwusa sê die regering moet die beheer oor raffinaderye en die energiesektor oorneem om burgers teen wisselvallige pryse en korporatiewe gierigheid te beskerm:

