
Namibië sê oor Lesotho Hooglandwaterprojek
Loading player...
Die Namibiese regering het bevestig dat hy nie die "geen-beswaar"-brief wat deur leners vereis word vir Fase Twee van die Lesotho Hooglandwaterprojek aan Suid-Afrika sal uitreik nie. Teofilus Nghitila, uitvoerende direkteur vir water en mariene hulpbronne in die landbouministerie, het in 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus gesê Namibië sal nie verdere ontwikkeling van die projek ondersteun totdat daar billiker bestuur van die gedeelde Oranjerivier en konkrete maatreëls is om Namibië se binnelandse watersekerheid te beskerm nie.

