
Moenie fasiliteite net poets vir spesiale geleenthede nie
Loading player...
Die Nasionale Vergadering is Dinsdag amptelik deur die president geopen. Dit was "business unusual" by die parlementsgebou. Mure was gepoets en die tuin reggeruk. Dit het reaksie uitgelok by die amptelike opposisie die IPC se hoofsweep, Rodney Cloete, wat sê die staatsdiens moet te alle tye die blink kant bo hou en nie net vir spesiale geleenthede nie.

