
Steenhuisen bevestig uittrede as DA-leier
Loading player...
Die leier van die DA, John Steenhuisen, gaan hom nie verkiesbaar stel vir 'n derde termyn om die party te lei nie. Sy aankondiging in KwaZulu-Natal kom voor vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing. Steenhuisen het beklemtoon hy bly aan as minister van Landbou. Hy sal die leisels in April aan 'n nuwe leier oorhandig en sê hy laat die party sterker in die regering agter. Steenhuisen sê sy leierskapsending is afgehandel en die DA is gerig op toekomstige groei:

