
Firmas wat staatsinkomste kry 'moet vanjaar versigtig wees'
Loading player...
Namibië se parlement is terug in die tuig en een van die hoogtepunte wat tydens die huidige sitting verwag word, is die indiening van die begroting vir die nuwe fiskale jaar. Geldgewys het die regering min ruimte om te beweeg, sê Cirrus. Inkomste is onder druk en die regering het beperkte surpluskapasiteit om ekonomiese aktiwiteit te dryf sonder om hulself aan ander risiko's bloot te stel. Wat beteken dit vir die sakesektor? Kosmos 94.1 Nuus het met Romé Mostert, medestigter van Cirrus, gepraat:

