
Olie- en gasbedryf in NNN se kantoor? Oortuig ons na Fishrot: Venaani
Loading player...
Die omstrede wysigingswetsontwerp om toesig oor die stroomop olie- en gasbedryf na die Presidensie te verskuif is vandag in die Nasionale Vergadering ingedien. Die opposisie het reeds vroeër gesê hulle sal dit teenstaan, en na bewering is nie alle Swapo parlementslede ten gunste van die skuif nie. Die PDM president, McHenry Venaani het sterk reageer en sê parlementslede moet oortuig word oor die skuif, in die lig van Fishrot en die Namcor-korrupsiesaak.

