
Doen nou aansoek vir aartappelsubsidie
Loading player...
Die Namibiese Akkerbouraad herinner kommersiële boere aan die aartappelwaardeketting-ontwikkelingskema, wat vir 2025 tot 2030 van stapel gestuur is en 'n subsidie op gesertifiseerde sade, kunsmis en chemikalieë bied om produksie te bevorder. Die inisiatief, wat jaarliks ongeveer 5,5 miljoen Namibiese dollar kos, is daarop gemik om die huidige invoerkoers van 65 tot 70 persent van die aartappelvraag aansienlik te verminder, met 'n teiken om dit teen 2030 tot 33 persent te verlaag. Kosmos 94.1 Nuus het met die raad se bestuurder vir tuinbou-ontwikkeling, Emilie Abraham, gepraat:

