
Reënweer sal vanaf volgende week terugkeer
Loading player...
Die reën het in die afgelope tyd weggebly weens 'n hoëdrukstelsel in die bolug wat as't ware die tropiese vog wegvreet, sê die weerkenner George van der Merwe. Hy verduidelik dat die situasie besig is om te verander en neerslae word van volgende week af verwag.

