
Gesondheid waarsku oor malaria voorsorg
Loading player...
Namibië beleef 'n ernstige malaria-uitbreking in die noordelike streke en gesondheidsbeamptes doen 'n beroep op inwoners en reisigers na die noorde om ekstra voorsorgmaatreëls te tref. Elf sterftes is reeds in die eerste vier weke van Januarie aangeteken, met gevalle wat tot byna 8 760 gestyg het. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die gesondheidministerie, Walters Kamaya gesels, wat sê hulle is besig met binnenshuise bespuiting, gratis verspreiding van insekdoderbehandelde nette, opvoedingsveldtogte en toesigstelsels. Hy het meer.

