
Pogings teen BKS verskerp in Wes-Kaap
Loading player...
Die Wes-Kaapse regering verskerp pogings om 'n bek-en-klouseer-uitbreking in die provinsie te beperk. Die uitbreking, wat in November verlede jaar die eerste keer op 'n plaas naby Gouda aangemeld is, is tans onder beheer, met veeartsenykundige spanne wat die geaffekteerde gebiede monitor. Premier Alan Winde sê streng maatreëls, insluitend kwarantyn, padversperrings en vee-inspeksies, is in plek om diere, plaaswerkers se werksgeleenthede en voedselsekerheid te beskerm:

