
Trump onttrek 700 ICE-beamptes uit Minnesota
Loading player...
President Donald Trump van Amerika se grens-tsaar, Tom Homan, sê die Departement van Binnelandse Veiligheid gaan 700 immigrasie-agente uit Minnesota onttrek en sowat tweeduisend beamptes daar laat. Die agente was deel van "Operation Metro Surge" wat toeslaan op onwettige immigrante in Minneapolis. Dit het gelei tot die dood van twee Amerikaanse burgers en het landwye betogings ontlok. Homan sê die totale onttrekking sal afhang van plaaslike en staats-wetstoepassers se samewerking:

