
Steenhuisen is bewys van DA se balanseertoertjie
Loading player...
Die politieke ontleder, Daniel Silke, sê John Steenhuisen se onttrekking aan die DA-leierskap weerspieël die party se moeilike balanseertoertjie om in die regering van nasionale eenheid te dien. Steenhuisen het gister aangekondig hy gaan nie by die party se federale kongres in April probeer om ʼn derde termyn as DA-leier te dien nie. Silke sê die DA moet sy opposisie in die RNE handhaaf, maar word terselfdertyd bedreig deur die versplintering van kiesers weens interne spanning:

