
Stad Windhoek beveilig infrastruktuur
Loading player...
Volgens Stad Windhoek is herstelwerk aan die brug oor die rivier by die Grysblok-kruising nou aan die gang. Vir baie inwoners is gebruik van die brug deel van hulle alledaagse lewe, en hulle het gekla oor veiligheid na die reëlings reeds in Maart verlede jaar tydens swaar reën afgebreek het en nie herstel is nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Lydia Amutenya, Stad Windhoek se woordvoerder gepraat.

