NNN veroordeel aanvalle op aanklaers, regbank

Loading player...
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die skiet- en suuraanval op Ondangwa-staatsaanklaer Justine Shiweda veroordeel, na Shiweda na bewering borgtog geweier het aan die vermeende kriminele meesterbrein en voormalige polisiebeampte Abner Mateus. Tydens die opening van die 2026-regsjaar het sy gesê hofbeamptes moenie in vrees leef as gevolg van besluite wat in die uitvoering van hul pligte geneem word nie en het diegene met griewe aangespoor om appèlprosesse te volg.
5 Feb 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namib Mills-staking duur voort, einde dalk in sig

Die industriële aksie deur werkers by Namib Mills duur steeds voort. Die justisieminister, Fillemon Wise Immanuel, was instussen in gesprek met die partye. Petersen Kambinda, die leier van Naretu, gee 'n opdatering.
6 Feb 10AM 1 min

Green Connection vra geregtigheid vir kleinskaalse vissers

Green Connection sê Suid-Afrika se kuslyn onderhou duisende huishoudings wat regstreeks afhanklik is van mariene-hulpbronne vir voedsel en inkomste, maar baie kleinskaalse vissers ondervind voedselonsekerheid. Die organisasie het 'n voorlegging gedoen aan die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se nasionale ondersoekverhoor oor Suid-Afrika se voedselstelsels. Khetha Buthelezi van Green Connection sê baie kleinskaalse…
6 Feb 10AM 1 min

Krieket Namibië-president gesels Wêreldbekers

Die Onder-19 IKR Wêreldbeker maak vandag in Zimbabwe tussen Indië en Engeland klaar. Namibië was mede-gasheer en gaan volgende jaar ook medegasheer wees vir die Mans IKR T20 Wêreldbeker. Kosmos 94.1 Nuus het met die president van Krieket Namibië, Rudie van Vuuren gepraat, wat tans in Bengaluru in Indië is…
6 Feb 9AM 1 min

Komende Filmweek weerspieël groei in plaaslike filmbedryf

Die Namibiese Filmkommissie het 656 aansoeke van reg oor Afrika gekry vir sy jaarlikse Filmweek, waarvan 119 films gekies is om vertoon te word. Die Filmweek sal van 12 tot 16 Maart in Windhoek plaasvind en die publiek word hartlik uitgenooi. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die…
6 Feb 9AM 1 min