
Sluit by EITI aan en stop korrupsie in olie en gas: IPPR
Loading player...
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het sy oproep aan die regering hernu om beslissende stappe teen korrupsie te doen deur by die Deursigtigheidsinisiatief vir die Ekstraktiewe Nywerhede, of EITI, aan te sluit. Die instituut se direkteur, Graham Hopwood, het vanmiddag gesê dat hoewel die huidige administrasie gereeld sy voorneme uitspreek om korrupsie te bekamp, veral in die olie- en gassektor, sulke pogings tekort sal skiet tensy Namibië deel word van die inisiatief, wat die wêreldstandaard vir deursigtige bestuur van olie-, gas- en mineraalbronne stel.

