Oud-onnie van Rehoboth presteer in globale redenaarskompetisie

Loading player...
'n Opvoeder van Rehoboth het die derde plek in 'n groot internasionale redenaarskompetisie behaal en bo meer as 4 700 sprekers van reg oor die wêreld uitgestyg. Die afgetrede onderwyseres en voormalige skoolhoof Erica van der Hoven het die beoordelaars in die NextTopSpeaker-toernooi beïndruk met 'n diep persoonlike toespraak wat identiteit, doel en die dikwels onuitgesproke hartseer wat op aftrede volg, ondersoek het. Kosmos 94.1 Nuus het met haar gesels.
5 Feb 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

VN het sy byt verloor, sê Ramaphosa

President Cyril Ramaphosa het wêreldleiers versoek om die Verenigde Nasies te herstel tot sy posisie as die middelpunt van internasionale betrekkinge. Ramaphosa het by die Globale Progressiewe Mobiliseringsitting in Barcelona, ​​Spanje gesê wêreldleiers moet vrede bevorder deur dialoog en diplomasie, deur die konsekwente toepassing van internasionale reg en die nakoming…
19 Apr 6AM 1 min

Kreefkwotas in omstredenheid gedompel

Die GOOD-party vra die minister van bosbou, visserye en die omgewing, Willie Aucamp, om 'n onmiddellike herevaluering en 'n tydelike staking van nywerheids-uitbreiding aan die Weskus voorop te stel. Kaden Arguile van GOOD sê amptelike kreefkwotas is vertraag, verkeerd bereken en onbetwisbaar gelaat, wat 'n reuse-verlies aan inkomste vir die…
19 Apr 5AM 1 min

Polisie-grootkop Mkhwanazi moet uitgeskop word, sê ActionSA

ActionSA in Ekurhuleni het die inhegtenisneming verwelkom, van die adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisie, Julius Mkhwanazi, op aanklagte van bedrog, korrupsie en regsverydeling. Die party vra verder ook vir die onmiddellike beëindiging van sy diens by die Stad. ActionSA se woordvoerder, Tumelo Tshabalala, sê die party is dankbaar vir die Madlanga-kommissie…
19 Apr 4AM 1 min

Data-lekkasies styg met 60% in SA

Die minister van wetenskap, tegnologie en innovering, Blade Nzimande, het die Nasionale Kantoor vir Intellektuele Eiendomsbestuur versoek om die beskerming van intellektuele eiendom te versterk, omdat Suid-Afrika en Afrika steeds reuse-lekkasies ervaar. Suid-Afrika het 'n ongekende toename in data-lekkasies aangeteken. Voorvalle het in die eerste helfte van verlede jaar met…
19 Apr 3AM 1 min

Deposit Guarantee Authority besig in 2025

Die Namibia Deposit Guarantee Authority het hul 2025-verslag vrygestel en het positiewe groei getoon. Verlede jaar het die owerheid deelgeneem aan die nasionale krisissimulasie-oefening, voortgesette streeksbelanghebberbetrokkenheid en gevorderde strategiese vennootskappe deur samewerking met eweknie-instellings. Rakotoka Zaire, hoof-finansiëleontleder van die sentrale bank, het 'n oorsig oor die verslag.
19 Apr 2AM 1 min