
AfriForum vra teenstand teen hidrobreking
Loading player...
AfriForum waarsku hidrobreking kan Suid-Afrika se reeds skaars waterbronne in gevaar stel en permanente omgewingskade veroorsaak. Die burgerregte-organisasie doen 'n beroep op die publiek om die opheffing van die langdurige moratorium teen te staan, wat beëindig kan word indien konsepregulasies wat verlede jaar gepubliseer is, goedgekeur word. Marais de Waal van AfriForum sê hidrobreking pomp water en chemikalieë in rotse in om gas te onttrek, wat waterbesoedeling en skade vir gemeenskappe, plase en die omgewing inhou:

