
Namibia Professional Padel League van stapel gestuur
Loading player...
Die Namibia Professional Padel League is in die hoofstad by LIV Padel by die SKW bekendgestel. Die sportkode is een van die vinnigste groeiende kodes in die wêreld met vier persele in die hoofstad en twee by die kus. Harald Fuelle, ‘n verteenwoordiger van die liga, sê dit sal ‘n geleentheid bied om spelers se vaardighede oor ‘n periode van tyd waar te kan neem in plaas van die informele kompetisies wat tans plaasvind.

