
Groot eer vir LPM se Ndala
Loading player...
Die LPM se nasionale jeugleier, Duminga Ndala, is aangestel as voorsitter van die Jong Vroue van Afrika-organisasie. Ndala sal beleide en inisiatiewe bepleit wat jong vroue regoor Afrika sal bevoordeel. Die organisasie is 'n kontinentale beweging wat in 2021 gestig is en jong vroue van 16 tot 40 jaar oud in 39 lande verenig om mekaar te bemagtig, te inspireer en te ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het met Ndala gesels.

