
Windhoekers gewaarsku oor kitsvloede
Loading player...
Die Stad Windhoek het sy eerste raadsvergadering gehou. Die twee punte op die raad se agenda was die hernoeming van Randstraat in Khomasdal na Joshua //Hoebeb Street. Die raad het ook 'n ooreenkoms met die World Wildlife Fund geteken om gemeenskapsamewerking te bevorder in bewaring. Tydens die opening het die nuwe burgermeester, Sackarias Uunona inwoners van Windhoek gewaarsku om paraat te wees oor moontlike kitsvloede.

