
Teiken sindikaat Madlanga-kommissie se getuies?
Loading player...
Die polisie ondersoek die moontlikheid dat ʼn sindikaat getuies wil stilmaak wat voor die Madlanga-kommissie getuig. Dit volg na gister se sluipmoordpoging op Wiandré Pretorius in Boksburg. Die vermoorde Getuie D, Marius van der Merwe, het hom in sy getuienis voor die kommissie betrek. Gauteng se polisiekommissaris, Tommy Mthombeni, sê hulle is bereid om getuiebeskerming te bied aan enige getuies wat voor die kommissie verskyn

