
Cyril gevra om skeepvaart as ekonomiese voorkeur te erken
Loading player...
Die Maritieme Sakekamer sê president Cyril Ramaphosa moet in sy staatsrede skeepvaart as nasionale ekonomiese voorkeur erken wat veel verder strek as hawens en Transnet. Hy gaan die rede Donderdag lewer. Die voorsitter van die kamer, Unathi Sonti, sê Ramaphosa moet ook die dringende nodige modernisering van Suid-Afrika se skeepswerwe en droogdokgeriewe erken om die geleenthede van herstelwerk aan skepe, maritieme ingenieurswese en verwante dienste te ontsluit:

